Gewete Van Klip (Sagteband)

    Gewete Van Klip (Sagteband)

    Elize Parker
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R169.95

    R89.95

    Sal Marlene en Hanlie elkeen haar ware self vind?

    Gewete van klip is die derde en laaste boek in die aangrypende Damaskusgangers-trilogie. Marlene Erasmus and Hanlie de Waal is as babas omgeruil, maar word mettertyd met hulle biologiese ouers versoen. In beide se lewens het die kleintydtrauma egter ‘n voortgaande uitwerking.

    Nou as jong volwassenes ondergaan beide ‘n identiteitskrisis om hulle ware self en hulle identiteit in Jesus te vind. Hanlie se swangerskap en miskraam op agtienjarige ouderdom onderbreek haar studies as sjef. Marlene se pa wat in die gevangenis was keer terug na haar en haar gesin se lewe en sy moet sekere waarhede in die gesig kyk.

    Beide leer dat geheime onteenseglik keer dat jy jou roeping in die lewe vind. Dit is eers wanneer die Waarheid in jou lewe oorwin, dat jy jou ware identiteit vind.

    Oor die Outeur

    Elize Parker is die skrywer van verskeie tydskrifverhale, kortverhale en romans. Sy het al verskeie boeke die lig laat sien, waaronder Dit gebeur met ander, Blinde kol en Lint in die wind. Haar tweede dagstukkieboek Hoor God se stem, het in 2014 verskyn. Sy is ‘n gesoute joernalis en benewens haar skryfwerk bied sy verskeie radioprogramme aan.