Gewapen Vir Die Geestelike Stryd (Sagteband)

    Gewapen Vir Die Geestelike Stryd (Sagteband)

    Bennie Mostert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R139.95

    Jou wapenrusting vir geestelike oorlogvoering.

    Daar is uiteenlopende standpunte oor die geesteswêreld: sommige mense ontken die bestaan van demone en ander gaan weer oorboord daarmee.

    Bennie Mostert het hierdie verwarring gesien en Gewapen vir die geestelike stryd geskryf om jou op ’n praktiese manier toe te rus vir die geestelike stryd. Jy moet die geestelike waarhede in die Skrif ken en verstaan, en dit prakties uitleef.

    In Gewapen vir die geestelike stryd gee Bennie Mostert die nodige toerusting om staande te bly teen aanvalle van die duiwel. Hy praat onder andere oor die gesag wat jy het, die wapenrusting van God, die Heilige Gees en gebed as wapens in dié stryd.

    Gewapen vir die geestelike stryd is bedoel vir almal wat paraat wil wees in die stryd teen die Bose. Dit is voorheen uitgegee onder die titel Geestelike oorlogvoering.

    Oor die Outeur

    Bennie Mostert het sy doktorsgraad in teologie aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy eerste gemeente was in Usakos in Namibië en daarna het hy Telefriend in Windhoek begin. In 1993 het hy en sy vrou, Anita, na Pretoria verhuis om te help werk aan die vestiging van ’n nasionale gebedsnetwerk. So het Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk begin. Bennie is ook internasionaal by verskeie gebedsinisiatiewe betrokke. Hy woon tans in Pretoria en spits hom toe op die ontwikkeling van gebedsmateriaal en die bou van gebedsnetwerke.