Gesprekke Met God (Sagteband)

    Gesprekke Met God (Sagteband)

    Angus Buchan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R59.95

    Die meeste mense sukkel om daagliks tyd saam met God in gebed deur te bring. Bekende skrywer en evangelis Angus Buchan wil hê mense moet bewus bly daarvan dat stiltetyd saam met God een van die sleutels bly tot ’n dieper verhouding met die Skepper.

     

    Gesprekke met God bevat 40 gebede, elk met spesiaal-uitgesoekte teksverse en ’n kern­gedagte deur Angus. Van die temas sluit in: vertrou op God, keer terug na jou eerste liefde, berou, die belangrikheid van gebed en die nood­saaklikheid van familietyd.

     

    In Gesprekke met God sal lesers bemoedi­ging vind om sake van ewigheidswaarde in hul lewe te prioritiseer en vas te staan in die geloof met hul oë op Jesus Christus.