Kweek Kinders Met Karakter Omdraai Boek (Boksstel)

    Kweek Kinders Met Karakter Omdraai Boek (Boksstel)

    Hettie Brittz
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R299.00

    Kweek kinders met karakter is ’n konsep wat spruit uit Hettie Brittz se reis met haar eie kinders. Dit is geskryf vir ouers in elke fase van ’n kind se lewe, en help ma’s en pa’s om hulle kinders se uniekheid te ontdek en te koester.

    Wil jy graag weet... Waarom ’n straf vir een kind werk, maar nie vir die ander nie? Hoe om jou kind se taal te praat sodat julle mekaar regtig verstaan? Hoe om jou kind se emosies en behoeftes reg te hanteer?

    Dan is Kweek kinders met karakter vir jou bedoel!

    Hettie klassifiseer die verskillende temperamente as boomtipes, en leer ouers hoe om elke kind volgens sy temperament te kweek en te snoei.

    • Palmboomkinders is entoesiasties, raak maklik opgewonde, is energiek en loop oor van idees. Hulle haat dit om alleen te wees en kan alles ontwrig, gevolglik is rustige eie tyd vir hulle ma’s buite die kwessie.
    • Die roosboom is gedrewe, vreesloos, ferm en voorbarig. Hulle het ’n vinnige humeur en wil in beheer wees. Hulle kan soms geniepsig wees, maar as hulle verantwoordelikhede kry, word hulle die mooiste rose.
    • Die denneboomkind is liefdevol en het ’n rustige geaardheid. Agter die sagte geaardheid skuil egter ’n wil van staal wanneer hulle uit hulle gemaksone gedwing word.
    • Die sierboomkind is ’n wysneus en perfeksionis. Hulle is meer pessimisties as die ander boomsoorte en is baie presies en netjies. Hulle volg instruksies tot op die letter en kan baie angstig en onseker wees.

    Jy en jou kinders en julle gesinsopset is uniek, daarom kry jy ’n unieke stel riglyne wat jy maklik kan volg.

    Ingesluit in die Ouerskappakket:

    • PROFIELTOETS

    As ouers hulle eie temperament en dié van hulle kinders verstaan, word die opvoedingstaak en dissiplinering minder moeilik.

    • HANDLEIDING om kinders se profiele te verstaan

    As jy die profiel voltooi het, is die volgende stap om die handleiding oor elke boomsoort deur te werk en dan die riglyne te volg wat op jou spesifieke “boompie” van toepassing is.

    • 10 VIDEO’S

    As jy jou kinders se andersheid verstaan, kan jy hulle hierin koester en opbou.