Groeipyne (Sagteband)

    Groeipyne (Sagteband)

    Johan Van Lill
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 2 weeks
    R130.01

    Om gelukkige kinders groot te maak, is nie ’n gelukskoot nie!

    Alle ouers wil goeie ouers wees wat hulle kinders op die regte manier grootmaak.  Dit gebeur egter nie vanself of oornag nie. Dis harde werk en sal elke pa, ma, voog, ouma, oupa, meneer en juffrou soms teen die mure uitdryf. Maar dis die moeite werd. En jy hoef dit nie alleen aan te pak nie.

    30 uitsendings van RSG se gewilde oggendprogram, Groeipyne, is nou in ’n boek saamgevat sodat jy dag en nag antwoorde en wenke kan kry. Alles waaroor jy wonder en bekommer word bespreek: dikbek tieners, hoe om die regte vriende te kies, goeie Wiskundepunte, boelies, dissipline, skoolgereedheid, emosionele ontwikkeling, lyfstraf, eksamenstres, leesvaardighede, roetine, neulery en nog 18 ander relevante temas.

    Die kenners wat hulle wysheid en ervaring met ander ouers deel, weet wat die uitdagings en probleme is waarmee kinders vandag te doen kry. Die nuwe lewenstyl vra dat ouers nuut sal dink en doen en dis waarmee hierdie boek jou sal help. Hierdie is ’n saampraat boek propvol idees wat werk – nie ingewikkelde teorie nie. Dit haal die pyne uit opvoeding uit en maak ouerskap weer plesierig … en iets waarin jy goed is.

    Oor die skrywer

    JOHAN VAN LILL is ’n ervare onderwyskundige, radioaanbieder en skrywer. Hy spesialiseer in breinontwikkeling en lei ouers en onderwysers op om hulle kinders voor te berei vir die moderne lewe. Wanneer hy weg wil kom van kinders, versamel hy Suid-Afrikaanse kuns en beoordeel saam met ’n paneel debuutproduksies op Nasionale Kunstefeeste.