Genade Vir Gister (Sagteband)

    Genade Vir Gister (Sagteband)

    Irene Hannon
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R239.95

    ’n Pragtige liefdesverhaal oor die krag van geloof en liefde en hoe God ’n beter toekoms gee as wat ’n mens jou kan voorstel.

    Hope Harbor se polisiehoof, Lexie Graham, het haar hande vol. Nie net maak sy haar seun alleen groot nie, maar daar is ook ’n skielike vlaag van vandalisme en diefstal in haar kusdorp. Daar is dus nie tyd vir enigiets anders in haar lewe nie, insluitend romanse. Adam Stone, ’n voormalige misdadiger, is ook nie op soek na liefde nie. Hoe ironies dan dat die eerste vrou wat sy aandag trek die polisiehoof is. Maar om te wens dat dinge anders kon wees, is net dwaas.

    Wanneer Lexie egter Adam se hulp vra met ’n jong seun wat betrek word by die vandalisme, begin die vonke spat. Hoe langer hulle saamwerk, hoe duideliker word dit dat God dalk ’n ander toekoms vir hulle in gedagte het as wat hulle hul kan voorstel.

    Oor die outeurs

    Irene Hannon is ’n topverkoper-outeur van meer as 50 boeke. Haar boeke het haar die volgende toekennings besorg: die RITA Award van Romance Writers of America, die HOLT Medallion, die Reviewer’s Choice Award van Romantic Times BOOKreviews en die Daphne du Maurier Award vir misterie en spanningsverhale. Irene en haar man woon in Missouri, VSA. Besoek www.irenehannon.com.