Genade-Revolusie (Sagteband)

    Genade-Revolusie (Sagteband)

    Joseph Prince
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R189.95

    Styg uit bo jou mislukkings en ervaar blywende deurbrake op elke terrein van jou lewe.

    Dit is die tema van die New York Times-topverkoperskrywer Joseph Prince se nuwe boek, Genade-Revolusie. Dit handel oor die enorme, handomkeer-transformasie wat plaasvind in jou se diepste wese wanneer jy Jesus persoonlik ontmoet.

    Prince verskaf vyf praktiese, dog kragtige sleutels om die jou te help om vanuit hierdie nuwe perspektief te leef. Indien jy hierdie sleutels reg verstaan en deel maak van jou hart, sal dit uiters doeltreffende beginsels vir sukses en ʼn lewe van oorwinning word.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Grace Revolution.

    Oor die Outeur

    Met meer as twee dekades se voltydse bediening agter hom, is Joseph Prince vandag se leier oor die verkondiging van die evangelie van genade regoor die wêreld met sy boeke, onderrigbronne en televisiebediening.

    Behalwe vir die feit dat hy die outeur is van topverkopers soos The Power of Right Believing, Destined To Reign, en Unmerited Favor, is Joseph ook ’n gesogte konferensiespreker. Hy het ’n groot impak op kerkleiers wêreldwyd met sy kragtige prediking van die suiwer evangelie van Jesus. Hy is bekend daarvoor dat hy God se Woord onderrig op ’n vars, praktiese en openbarende wyse wat Jesus altyd bekendmaak. Sy humoristiese, dinamiese en innemende preekstyl is ook goed bekend aan 'n wye spektrum kykers wat inskakel by sy daaglikse televisieprogram. Sy uitsending bereik tans miljoene huise regoor Noord-Amerika, Europa, Afrika, Australië en Israel deur middel van Christelike en sekulêre netwerke.