Geloof In Aksie-Bybel Bruin (Luukse Leer)

    Geloof In Aksie-Bybel Bruin (Luukse Leer)

    Jan Van Der Watt & Stephan Joubert & Johan Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R449.95

    Hulp vir jongmense om nie net gelowig te wees nie, maar gelowig te leef.

    Bybellees en Bybelstudie is belangrik vir geloofsgroei, maar nog belangriker is om daardie geloof uit te leef. Die Geloof in Aksie-Bybel is ideaal vir elkeen wat graag wil ontdek hoe hulle hulle geloof kan uitleef en met ander kan deel.

    Met die volledige teks van Die Boodskap tesame met die addisionele inligtingsblokkies – om te glo, om te volg en om te gehoorsaam – in die teks sal hierdie Bybel jongmense lei om Bybelse beginsels lewensbeginsels te maak. Die “Deel jou geloof”-afdeling gee hulle ook riglyne oor hoe om hulle geloof met ander te deel. Ander interessante afdelings in die Bybel is die volgende: Waarom kan ons die Bybel glo?, Wat is geloof? en Simbole in die Bybel.