Gebede Vir 'N Ma Se Hart (Linne)

    Gebede Vir 'N Ma Se Hart (Linne)

    Dalene Reyburn
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R189.95

    Meer as 100 gebede vir elke ma wat gekoester wil word in God se sorg en vrede.

     Voel jy soms oorweldig deur jou verantwoordelikheid – en feilbaarheid – as ’n ma? In Gebede vir ’n ma se hart herinner Dalene Reyburn jou dat God belowe om vir jou alles te gee wat jy nodig het om die kinders te vorm wat Hy vir jou gegee het.

    Die meer as 100 gebede in Gebede vir ’n ma se hart sal jou help besef dat God se teenwoordigheid in jou en jou kinders se lewe die kalmte en krag in elke dag se besigwees is. Die gebede se pragtige ontwerp word gekomplementeer met inspirerende teksverse en is verdeel in sewe temas met ’n kragtige oordenking om elke tema bekend te stel. Die temas sluit in God se intieme kennis van ons lewens, verlossing, sekuriteit en leiding.

    Wanneer jy hierdie gebede oor jou kinders bid, ervaar vrede in die wete dat God se liefde en sorg vir hulle meer is as wat jy jou ooit kan voorstel.

    Ook beskikbaar in Engels onder titel Prayers for a Mom's Heart

    Oor die outeur

    Dalene Reyburn is ’n skrywer en spreker en deel weekliks oordenkings op dalenereyburn.com. Sy het ʼn meesters­graad in toegepaste taalstudies en was ʼn hoërskool­onderwyseres voordat sy voltyds ma, skrywer en spreker geword het. Sy en haar man, Murray, en hulle twee seuns woon in Pretoria.