Gebed Wat Berge Beweeg (Sagteband)

    Gebed Wat Berge Beweeg (Sagteband)

    Bennie Mostert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R189.95

    Ervaar die wonderwerkende krag van God deur gebed.

     

    Ons sien die verval rondom ons: Kerke loop leeg, mense raak afvallig, wêreldse standaarde verdring al hoe meer Christelike standaarde en beginsels, ekstremistiese godsdiensgroepe word ’n al hoe groter bedreiging. Ons sit hande in die hare en weet nie wat om te doen nie.

    In Gebed wat berge beweeg verduidelik Bennie Mostert dat dít die antwoord is: Gebed. Hy neem die leser op ’n reis deur die geskiedenis, van groot geestelike herlewings, persoonlike verhale, hedendaagse sendelinge en verhale uit die Bybel om te illustreer dat die énigste antwoord gebed is. Hierdie boek sal jou nie net help om te bid nie, maar ook om rég te bid.

    Gebed wat berge beweeg sal jou inspireer en aanspoor om meer te bid. God wag op jou gebede, Hy wíl die beste vir jou hê, Hy wíl vir jou gee wat jy in sy Naam vra. Jy moet net bid.

    Naas die raad vervat in elke hoofstuk, sluit die boek ook af met ’n bylaag met praktiese riglyne vir gebed. Ontsluit die magtigste krag op aarde: vir jouself, jou land, jou geliefdes, asook die hele wêreld.

     

    Oor die outeur

    Bennie Mostert het sy doktorsgraad in teologie aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy eerste gemeente was in Usakos in Namibië. In 1993 het hy en sy vrou, Anita, na Pretoria verhuis om te help werk aan die vestiging van ’n nasionale gebedsnetwerk wat tans be­kendstaan as Jerigo Mure Interna­sionale Gebedsnetwerk. Bennie is ook internasionaal by ver­skeie gebedsinisiatiewe betrokke. Hy het ’n aantal boeke oor gebed geskryf, maar ook ander onderwerpe. Hy woon tans in Pretoria en spits hom toe op die ontwikkeling van gebedsmateriaal en die bevordering van gebed op verskeie vlakke.