Gebed, 'n Gesprek Met God (Sagteband)

    Gebed, 'n Gesprek Met God (Sagteband)

    Rosalind Rinker
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R79.95

    Ervaar ’n ware aktiewe gebedslewe deur bloot jou gebedstyl na ʼn gesprek te verander.

     

    Gebed word soms gesien as iets waarin jy mooi, ver­hewe ge­loofswoorde moet gebruik om met God te kan praat. Rosalind Rinker wys in Gebed – ʼn gesprek met God net mooi die teen­deel is waar en dat jy ʼn ware en aktiewe gebedslewe kan hê deur bloot jou gebedstyl te verander.

    “Gebed is ʼn gesprek tussen twee mense wat mekaar liefhet.” Hierdie diepsinnige insig van Rosalind Rinker is die sleutel tot ʼn eenvoudige maar kragtige en effektiewe metode om groter vreugde en betekenis aan jou gebeds­lewe te gee. Die hele boek is ge­skoei op die belofte in Matteus 18:19-20 en wys hoe maklik dit is om gespreks­gebed deel van jou gebedslewe te maak. Agter in die boek is daar ook ʼn kort afdeling met oordenkings wat jou help om hierdie gebedstyl aan te leer.

    Gebed – ʼn gesprek met God sal help om nuwe betekenis aan jou gebedslewe te gee en jou toelaat om op ʼn persoonlike vlak met God te kommunikeer.

     

    Oor die outeurs

     

    Rosalind Rinker (2 April 1906-11 Januarie 2002) is in New Rockford, Noord-Dakota, VSA, gebore. Tussen 1926 en 1940 het sy as sendeling in China gewerk. Met haar terugkeer na die VSA het sy aan die Asbury College studeer en haar graad in 1945 behaal. Rosalind het verskeie boeke gepubliseer, waaronder Prayer: Conversing with God (1959). Hierdie boek is in 2006 deur Christianity Today aangewys as die mees invloedryke boek vir evangeliste in die afgelope 50 jaar.