Gebed: Jou Verhouding Met God (Sagteband)

    Gebed: Jou Verhouding Met God (Sagteband)

    Stormie Omartian
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Inspireer die Skrif jou gebede?

    Dít is Stormie Omartian se vraag aan vroue in Gebed: jou verhouding met God – ’n dagboek waarin hulle God se grootheid weer sal ontdek.

    Dié New York Times-topverkoper-outeur wys in 101 dagstukke vir jou hoe jy die verse van die Bybel as inspirasie vir gebed kan gebruik. Die dagboek sal ook vir jou wys wat God in jou lewe en die wêreld om jou kan doen in antwoord op Geesvervulde gebede.

    Gebed: jou verhouding met God sal jou inspireer en aanvuur in jou eie gebede.

    Oor die Outeur

    Stormie Omartian is ’n topverkoper-outeur en daar is al meer as 34 miljoen van haar boeke verkoop. Dit sluit The Power of a Praying®-trefferreeks in, waaronder The Power of a Praying® Life, The Power of a Praying® Wife en The Power of a Praying® Husband. Stormie en haar man, Michael, is al vir meer as 40 jaar getroud en het 2 volwasse kinders.