Gebed 101 (Sagteband)

    Gebed 101 (Sagteband)

    Bennie Mostert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R69.95

    Waarom bid mense nie?

    Ná baie boeke wat Bennie Mostert oor gebed gelees het, seminare wat hy aangebied het en ’n aantal boeke wat hy oor hierdie onderwerp geskryf het, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat mense graag wil bid, maar nie weet wát om te bid nie en voel hulle weet nie hóé om te bid nie.

    Die manier waarop mense bid, verskil van persoon tot persoon en elkeen van ons moet dit doen soos dit vir ons die beste werk.

    Die doel van hierdie gebedsgids is om mense te leer wát om te bid en hóé om te bid.

    Sinvolle gebed word nie gemeet in terme van hoe lank jy bid nie. Dit is bloot ’n riglyn of metode hierdie om jou te help om sinvol te begin bid. Hierdie praktiese gids sal jou help om jou gebedstye sinvol te maak.

    Oor die Outeur

    Bennie Mostert is tans bestuurder van Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk. Hy het homself  oor die afgelope 42 jaar daarop toegelê om gebed te mobiliseer en mense aan te moedig om te bid vir herlewing, die onbereiktes en vir ons land. Hy het talle boeke oor gebed geskryf en is tentmakerleraar  verbonde aan die Ned.Geref. Kerk Moreletapark. Bennie het reeds 19 boeke geskryf, waarvan die meeste in Engels en Arabies vertaal is.