Geagte Jahwe (Hardeband)

    Geagte Jahwe (Hardeband)

    Willie Estherhuyse
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R220.00

    Dink  verder: met die “gees van omgee” wat verby die stukkend en seer kyk – na ʼn wêreld wat menslik en leefbaar vir almal is.

    Willie Esterhuyse is ʼn produk en kind van Suid-Afrika; wêreldbekend as denker, spreker en raadgewer vir staatsleiers. Sy passie vir reis bring hom uit by oerbeskawings waar hy godsdiens se geboorte sien. Tydens besoeke aan Malta raak hy vertroud met dié eilandjie se onstuimige voorgeskiedenis en erfenisterreine. Hy ontdek veral die arena vir die konflik tussen Christene en Moslems, ʼn kwessie wat vandag die wêreld aan die praat en vrees het. In opvolg van, God en die gode van Egipte, en Die God van Genesis, sluit hy dié trilogie af met Geagte Jahwe. Meesterlik besluit hy om direk 11 briewe te rig aan God op sy Bybelse noemnaam, Jahwe. Hierin kan Willie vlymskerp die kernsake van ons tyd oopsny en basiese lewensvrae oopboor, soos die stryd tussen gelowe, ineenstorting van samelewings. Hy bied ook rigting vir soekende denkers oor ʼn ander kyk op God vir ons tyd.

    Oor die Outeur

    Willie Esterhuyse is boorling uit die Karoo, Laingsburg. Hy doseer filosofie en sake-etiek; skryf wyd oor sy spesialisveld, sosio-politieke kwessies. Willie dien as direkteur van o.m. Murray & Roberts, Metropolitan en Medi-Clinic. Hy is ook betrokke by die Thabo Mbeki Leadership Institute. Talle eerbewyse is aan hom oorhandig, o.m. die Orde van Luthuli. Geagte Jahwe volg op die publikasies, God en die gode van Egipte en Die God van Genesis, en sluit die trilogie af.