Ge-Anker (CD)

    Ge-Anker (CD)

    Danie Botha
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R69.95

    R55.96

    Hiedie produksie is weereens ’n bewys van die Here se goedheid! Die CD was glad nie beplan nie. Dit het net gebeur. Onverwags op ’n Woensdagaand het die Here agt liedere deur Danie se pen laat vloei en volg elkeen se melodie met die optel van sy kitaar. Dit als in net twee ure.
    Die liedere getuig van ons God se grootheid en nabyheid in ons lewens. Dit vertel van sy genade, beloftes en die “tienduisend redes” waarom ons Hom kan loof.
    Dit is die tweede CD waarvan Danie self die produksie hanteer. Elke instrument, noot en klank wat in sy hart geleef het, is in die opnames verwoord. Tydens ’n ateljeesessie het “Every Knee” net spontaan ’n plek op die liedjielys gekry. Danie het sy kitaar opgetel, en die musiek en lirieke het gelyk gevloei van begin tot einde. Vyf minute later kon hy die lied glad nie nie meer onthou of herroep nie. Gelukkig het die verwerker stilweg ’n opname daarvan gemaak toe hy besef dat dit ’n geïnspireerde oomblik was. Dit was weereens die bewys dat wat ons doen, nie uit onsself is nie.
    Die CD dra die boodskap van hoop. Dit verklaar hoekom ons kan vashou aan sy beloftes, en deur ons geloof in Hom, Ge-anker is!!
    “Dankie aan elkeen wat na hierdie musiek luister. Dankie vir ondersteuning en belangstelling! My gebed is dat die Here se teenwoordigheid en salving jou sal toevou en bedien. Weereens is my hart week van dankbaarheid teenoor die Vader wat agt van hierdie liedere in een dag op my laat neerreën het. Dit was net weer bevestiging dat mens werklik niks uit jouself kan doen nie, maar dat dit God se hand is wat Seën. Dankie, Vader … ! Vir Jesus… vir U Gees, vir u Hand, vir vandag, vir môre … vir ’n ewigheid saam met U!” – Danie Botha