Filippense Vir Vandag (Sagteband)

    Filippense Vir Vandag (Sagteband)

    Francois Tolmie
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R119.95

    R95.96

    Leer uit Filippense hoe om elke dag waarlik in blydskap te leef.

     

    Filippense staan bekend as Paulus se blydskapbrief. Nogal treffend as ’n mens dink dat hy dit onder ui­ters moeilike omstandighede geskryf het. Elke woord is positief, elke woord dra die boodskap van vreugde in Jesus Christus oor.

    Soms voel dit of die lewe net uit swaarkry en beproe­wing bestaan. Dalk is dit nou juis die tyd om saam met Paulus bly te wees in Christus. Om te weet dat God elke situasie – hoe donker dit ook al lyk – sal vat en ongetwy­feld iets goeds daaruit sal laat kom.

    In die Bybelstudie Filippense vir vandag stap Francois Tolmie in 10 studies vers vir vers deur hierdie brief en wys dat enigiets moontlik is wanneer jy aan Christus behoort en sy opstandingskrag deel van jou lewe geword het. Die Filippensebrief sal ongetwyfeld elkeen wat dit lees se lewe verander.

     

    Oor die outeur

     

    Francois Tolmie is tans die hoof van die Depar­te­ment Nuwe Testament aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy navorsing is veral gerig op die Johannes­evangelie en die Briewe van Paulus. Hy is ook betrokke by die vertaling van die Afrikaanse Bybel vir Dowes wat binnekort verskyn. Hy is getroud met Ansa en die egpaar het drie kinders, Carmien, Francois en Mialise.