Papierblomme (Sagteband)

    Papierblomme (Sagteband)

    Helena Hugo
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 10 working days

    R200.00

    R149.00

    Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg…

     

    Janine was sewe jaar oud toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet, want sy was ’n soet kind, oupa Koen en ouma Leen se trots. Die seer in haar was haar eie en sy wou nie bejammer word nie, sy het haar skoolwerk gedoen en presteer, maats gekies wat haar grootouers goedgekeur het, maar wat saam met haar langs die rand van die afgrond geloop het. Sy wou groot wees en wegkom van die klein

    dorpie waar almal mekaar geken het en baie van die oumense, ook die wat sy bewonder het, met hul eie mislukkings geworstel het. Haar kans het gekom toe Greg Walker die Engelsklas by mister BarlowJones oorneem. Met drome in haar oë en haar bruidsruiker in haar hande is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken het, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe gemaak het.