Die Seders Van Libanon (Sagteband)

    Die Seders Van Libanon (Sagteband)

    Adriana Faling
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R235.00

    Dit is 2014 in Sirië, elke dag vrees Ilizabith vir haar lewe, die man wat haar ontvoer en sy vrou gemaak het is boos. Sy probeer hom gelukkig hou sover sy kan, tot daar eendag twee vroue aan haar deur kom klop. In Libanon probeer Pascale haar roeping uitleef soos sy dit sien, maar sal haar ouers dit ook insien? Hoewel hulle in dieselfde skool is in Pretoria verskil Talitha Pretorius en Yasmine Essop se wêrelde hemelsbreed. Talitha probeer vreesloos veg vir wat reg is, en Yasmine probeer net oorleef, probeer deel raak, maar voel nooit of sy behoort nie. Deur 'n Goddelike saamloop kruis Ilizabith, Pascale en Talitha en Yasmine se paaie, en elkeen moet besluit of hulle gehoorsaam sal wees aan hul roeping en dit wat God van hulle vra.

    Adriana Faling neem ons op 'n opwindende reis deur die realiteit van die vervolgde kerk, die vervolging van Christene in die Arabiese wêreld, vlugtelingkampe en mensehandel.