Familie Van Jesus (Sagteband)

    Familie Van Jesus (Sagteband)

    Karen Kingsbury
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R79.95

    Onwikkel ’n dieper verstaan van jou Verlosser se familielede, en beweeg nader aan Christus, aan die Bybel en aan mekaar.

    Karen Kingsbury bied ’n fiktiewe blik op die ses familielede van Jesus oor wie jy in die Bybel lees. Haar verhale is geanker in die Skrif en sal in jou hart ’n ongekende, emosionele verbintenis met die Bybel laat ontstaan. Deur Die familie van Jesus sal jy ’n emosionele band met Jesus se familielede ontwikkel, meer oor hulle te wete kom en tegelykertyd ’n groeiende liefde vir die Skrif kweek. In Die familie van Jesus laat Karen Kingsbury jou lag, huil, en uiteindelik laat sy jou die Bybel liefkry op ’n manier wat sal verseker dat jy die waarhede daarin nie net met jou verstand begryp nie, maar met jou hart verstaan. Die karakters in hierdie kort verhale is onder dié wat die naaste aan Jesus was – Maria, Josef, Jesus se broer Jakobus, Johannes die Doper, Sagaria en Elisabet. Elkeen het ’n aangrypende storie om te vertel. Karen Kingsbury verweef fiktiewe, emosionele; aangrypende detail wat Skrifgefundeerd is met geskiedkundige en teologiese insig en vrae vir selfondersoek en nadenke.

    Oor die skrywer

    Karen Kingsbury, USA Today- en New York Times topverkopende skrywer, is Amerika se gewildste inspirerende romanskrywer. Daar het al meer as 50 romans uit haar pen verskyn en meer as 25 miljoen van haar boeke is reeds wêreldwyd verkoop. Karen en haar man, Don, bly in Nashville, Tennessee.