Erfenis Van Liefde (Sagteband)

    Erfenis Van Liefde (Sagteband)

    Karen Kingsbury
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Release November 2017
    R199.96

    Dekades gelede was John en Elizabeth Baxter die hoofkarakters van ’n liefdesverhaal wat steeds ’n rol speel in die lewens van hul volwasse kinders en kleinkinders. Tog ken min van hulle die presiese details van daardie storie en die hartseer wat hulle bymekaar gebring het.

         Nou reeds op hoërskool moet Cole, Ashley Baxter Blake se oudste seun, ’n erfenisprojek doen vir sy Engelse klas. Hy besluit om sy oupa, John Baxter, te ondervra oor daardie liefdesverhaal van soveel jare gelede.

         John is aanvanklik huiwerig en onseker of hy die krag het vir die hartseer wat dit dalk kan meebring – veral aangesien hy intussen weer getroud is. Tog stem hy in en laat toe dat sy gedagtes na plekke gaan waar hy dit in dekades nie gewaag het nie.

         Terselfdertyd verwerk die Baxters se familievriend Cody Coleman sy verbreekte verlowing met Andi Ellison. Hy is vasbeslote om aan te beweeg, maar ’n toevallige ontmoeting laat hom van plan verander. Kan Cody vir Andi oorreed om weer te probeer, of is dit tyd om finaal te groet?

         Of jy die Baxters vir die eerste keer leer ken, of hulle opnuut ontmoet, Erfenis van liefde sal jou hartsnare roer en jou herinner aan die impak wat ’n erfenis van liefde op ’n familie het.

     

    Oor die Outeur

     

    Karen Kingsbury is ’n USA Today- en New York Times-topverkoperskrywer en isAmerika se gewildste, inspirerende romanskrywer. Daar het al meer as 50 romans uit haar pen verskyn en sy spog met die verkoop van meer as 20 miljoen boeke. Karen en haar man, Don, bly in Nashville, Tennessee.