Engele In Ons Midde (Sagteband)

    Engele In Ons Midde (Sagteband)

    Samestelling
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    Voel die heerlikheid en misterie van die engele wat tussen ons loop.

    Engele in ons midde is ʼn uitsonderlike versameling van ongelooflike ware verhale van mense se ontmoetings met engele. Die boek is geskep deur die redakteurs van Angels on Earth en elke opwindende storie sal jou verras en inspireer!

    Dit bevat onvergeetlike stories van die afgelope jaar wat bewys dat God en sy engele oor ons waak. Jy sal aardse en hemelse engele ontmoet, asook ʼn paar wat jou sal laat wonder. Lees oor iemand se ontmoeting met die stem van ʼn engel, ʼn engel wat maar net soos ʼn gewone mens lyk, ʼn engel met pote en selfs ʼn groep engele. Hierdie boek bevat ʼn fees van merkwaardige ware verhale, elkeen opbouend en vreugdevol. Dit is gevul met ongelooflike reddingstories, verhale van onverklaarbare beskerming, onmeetbare gerusstellings, antwoorde op drome en visioene en nog baie meer!

    Hierdie stories sal die verbeelding aangryp en dit deel van ons harte maak. Jy sal ontdek dat elke engel net so uniek is soos die persoon wat beskerming, troos en liefde nodig het altyd lief. ‘Jy is geliefd’ is die boodskap van al die engele, maak nie saak watter vorm hulle aanneem nie. Hierdie boodskap is die tema regdeur die boek, en is in die hart van elke ware verhaal.