Elke Druppel Bloed (CD)

    Elke Druppel Bloed (CD)

    Danie Botha
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    Kom besef opnuut dat jy môre in die gesig kan kyk omdat Jesus leef.
     
    Na drie-en-twintig jaar in die bediening    oorweldig die wonder van die evangelie Danie Botha steeds dag na dag. God se wysheid is vir die wêreld so dwaas dat mense soms net hulle eie pad wil loop en sommiges selfs nog die arrogansie het om vir God die vuis te wys sonder om net eers al die bewyse van Sy liefde te ondersoek. Hierdie CD sê; “Daar is ‘n God wat jy kan glo! ‘n God wat in liefde glo”. Hy het met elke druppel van Sy eie bloed betaal. Daar was nog altyd vergifnis by Hom. Die hooftema van die CD is Ek Is, en aan ons kant is Emmanuel. Hy is die almagtige GOD, en tog wil Hy ons by Hom hê!. Die liedjie Somehow; You needed me, vertel daarvan. In hierdie lewe het Jesus ons belowe dat ons dit nie altyd maklik gaan hê nie. “Wie kan dit verstaan? Maar as jy val, dan moet jy gou weer opstaan, uithou, aanhou, altyd voortgaan, in ons seerkry mensbestaan” . Die Gees van hoop onderskryf die musiek van voor tot agter. Because He lives…I can face tomorrow!

    Oor die kunstenaar

    Danie Botha is 'n Afrikaanse sanger wat hom op geestelike musiek toespits. Sy sekulêre debuutalbum, Wenners, is in 1989 vrygestel. Van sy treffers sluit in: Wenners en Ek kan.
     
    Danie is op 28 September 1991 met Daleen getroud. Danya, hulle dogtertjie, is op 6 Julie 2004 gebore.