Eks Nie Bang Nie (Hardeband)

    Eks Nie Bang Nie (Hardeband)

    Lee Ann Mancini
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Release November 2017
    R79.95

    "Avonture van die seekinders" is ’n bekroonde reeks wat ten doel het om kinders te help om ’n stewige geloofsfondament te bou. Elke boek fokus op ’n karakter wat sukkel met kwessies soos skaamheid, grootpraat, bangwees en meer. Ouers, oumas en oupas, en veral kinders sal hierdie pragtig geïllustreerde boeke geniet. Susie en haar maatjie Rachel is op pad na die onderwaterpretpark, maar Susie is bang vir die tuimeltrein en gebruik elke verskoning waaraan sy kan dink om nie daarop te ry nie. Nadat sy egter vir Jesus vra om haar dapper te maak, verander haar vrees in geloof en gaan sy op die een pretparkrit na die ander. Sy leer dat om in moeilike tye te bid en te glo dinge sal goed uitwerk, al is wat sy nodig het om haar vrese te oorwin.

     

    Oor die Outeur

     

    Lee Ann Mancini het ’n BA-graad in godsdiensstudies van die Regent-universiteit, ’n Meestersgraad in Bybel-en-teologiese-studies aan die Knox-kweekskool en ’n Meestersgraad in Christen-studies van die Trinity Evangelical Devinity School. Sy is tans ’n hulpprofessor by die South Florida Bible School and Seminary. Een van haar passies is om vrouegroepe toe te spreek oor die verlossende krag van die evangelie soos verteenwoordig deur die verskillende soorte bruide in die Kerk. In haar vrye tyd verslind sy boeke, draf sy en leer sy ander oor God se Woord. Lee Ann is getroud en het twee kinders.