Ek Wil Lewe (CD)

    Ek Wil Lewe (CD)

    Danie Botha
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R79.95

    R68.00

    Dit was al singende op die skoolstoep waar Danie Botha se sangtalent as 'n graad 1-leerling deur 'n onderwyseres raakgesien is. Vandat hy kan onthou, was dit sy lewensdroom om 'n sanger te word.

    Met die SAUK se aanbieding van "Debuut" kon hy deelneem met sy eerste eie komposisie "Wie kan dit verstaan". Danie behaal 'n tweede plek in hierdie kompetisie en word 'n platekontrak aangebied. Sy eerste album, Wenners, behaal binne drie weke na vrystelling goue status. Vandag, drie en twintig jaar later, toer Danie steeds deur Suid-Afrika. Hy het in die tyd vier sekulere albums, agtien geestelike albums, sewe duet-CD's en vier DVD's vrygestel.

    Dit was in 1993, na vier jaar as suksesvolle sanger en liedjieskrywer en op die kruin van sy loopbaan, dat Danie se lewe 'n radikale wending geneem het. Na 'n ongekende hongerte vir die dieper betekenis en sin van die lewe...loop hy hom vas teen die kruis van Jesus! Dit was Jeremia 33:3 wat in hierdie tyd die antwoord op sy soeke was: "Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot ondeurgrondelike dinge waarvan jy nie weet nie."Hy neem Jesus as sy Verlosser aan en gee aan Hom die totale beheer van sy lewe. Daar was van daardie dag af vir hom geen ander keuse as om God se roeping vir sy lewe te volg nie. Sy musiek het nog altyd die boodskap van hoop en lewenslus uitgedra, maar nou wou hy sing oor die Gewer van hierdie hoop en lewe.

    Vandag, 19 jaar later, is Danie bekend as 'n "singende prediker" en evangelis. Hy word steeds landwyd genooi om sy sang, musiek en passie vir die "Lewe" met honger harte te