Ek Luister, Jesus (Sagteband)

    Ek Luister, Jesus (Sagteband)

    Marie Chapian
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R169.95

    R135.96

    365 oordenkings waarin Jesus persoonlik met elke vrou praat.

    Ek luister, Jesus deur Marie Chapian is 365 dag­stukke waarin Jesus persoonlik met vroue praat. Die woorde wat Hy spreek, dring op liefdevolle wyse deur tot elke aspek van ʼn vrou se lewe.

    Elkeen van die oordenkings bied ʼn spesiale bood­skap waarin jy Jesus se teenwoordigheid byna tasbaar kan voel deur sy inspirerende woorde wat vrede in jou hart bring. Die Skrifverwysings wat op elke oordenking volg, sal jou ook help om dieper te delf in daardie dag se bood­skap.

    Met Ek luister, Jesus sal Jesus se deernis­volle woorde tot in jou hart vloei en jou met nuwe hoop en nuwe lewe vul.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Talk to Me, Jesus

    Oor die outeur

    Marie Chapian is ’n New York Times-topverkoper-outeur van meer as 30 boeke. Sy skryf vir en bedien mense uit alle vlakke van die samelewing. Marie het al verskeie toekennings ontvang, onder andere ʼn benoeming vir die Pulitzer-prys in fiksie. Sy het ʼn doktorsgraad in berading en ʼn meestergraad in kreatiewe skryfkuns. Marie bemoedig en bemagtig miljoene mense oor die wêreld heen met die woorde wat God graag vir sy kinders sê.