Ek Glo - Storieboek (Sagteband)

    Ek Glo - Storieboek (Sagteband)

    Randy Frazee & Laurie Lazzaro Knowlton
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    Nou kan kinders ook leer hoe om te dink, doen en leef soos Jesus.

    Nou kan kinders ook leer hoe om te dink, doen en leef soos Jesus.

    Die 60 stories uit die Ou en Nuwe Testament gekombineer met aangrypende illustrasies sal jou en jou kinders inspireer om meer soos julle Verlosser te word, en die persone wat julle bedoel is om te wees.

    Die 30 afdelings begin elk met ’n sleutelvraag, waarna ’n storie uit die Ou Testament en ’n storie uit die Nuwe Testament volg. Dit sluit af met Jesus se antwoord, die sleutelgedagte en sleutelvers.

    Die Ek glo – Storieboek is deel van die Ek glo-produkreeks waarin Randy Frazee kerke lei hoe om te dink, doen en leef om meer soos Jesus te word. Ek glo – Storieboek gee jou kinders die geleentheid om ook aan hierdie wêreldwye veldtog deel te neem terwyl hulle leer hoe bly dit Jesus maak as hulle Sy voorbeeld volg.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Believe – Storybook

    Oor die Outeur

    Randy Frazeeis die senior leraar by Oak Hills Church in San Antonio, Texas. Hy het gegradueer aan die Dallas Theological Seminary. Hy is medeskrywer van Die Storie en redakteur van Ek glo en het ’n leidende rol gespeel in die ontwikkeling van produkte in dié reeks. Randy en sy vrou, Rozanne, het vier kinders en ook kleinkinders.

    Laurie Lazzaro Knowlton is die outeur van 40 boeke en het ook nog 2 geskryf én self geïllustreer.