Ek Glo - Bybelstudie (Sagteband)

    Ek Glo - Bybelstudie (Sagteband)

    Randy Frazee & Randy Larson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    Hoe moet jy dink, optree en lewe om soos Jesus te wees?

    Ek glo – Bybelstudie sal die groot waarhede van die Bybel prakties en op ’n duidelike en toeganklike manier aan jou bekendmaak.

    Randy Frazee deel in Ek glo – Bybelstudie se 30 studies hoe die storie van die Bybel jou op ’n reis neem om in jou geloof, aksies en karakter meer soos Jesus te word.

    Elke studie ondersoek ’n sleutelvers en sleutelgedagte wat jy prakties kan gaan toepas in jou alledaagse lewe. Elke studie is verdeel in ’n gedeelte vir persoonlike studie en groepstudie met besprekingsvrae.

    Sleutelgedeeltes uit Randy se DVD Believe is bygewerk in Ek glo – Bybelstudie.

    Oor die Outeur

    Randy Frazee is die senior leraar by Oak Hills Church in San Antonio, Texas. Hy het gegradueer aan die Dallas Theological Seminary. Hy is medeskrywer van Die Storie en redakteur van Ek glo en het ’n leidende rol gespeel in die ontwikkeling van produkte in dié reekse. Randy en sy vrou, Rozanne, het vier kinders en ook kleinkinders.