Eerste 5 (Sagteband)

    Eerste 5 (Sagteband)

    Liesel Krause-Wiid
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R159.00

    R135.00

    Spandeer die eerste 5 minute van elke dag aan God met die Bybeldagboek deur Liesel Krause-Wiid spesiaal vir vroue.

    Party oggende het jy regtig nie eers tyd om ontbyt te eet nie, wat nog van stiltetyd hou. Moenie moedeloos raak as jy nie ’n halfuur of ’n uur opsy kan sit vir jou stiltetyd nie. Dis nie altyd die hoeveelheid tyd wat jy spandeer nie, maar die gehalte wat saak maak.

    Liesel Krause-Wiid se Eerste 5 Bybeldagboek is perfek om vroue te help om stiltetyd ’n prioriteit te maak.

         Liesel moedig vroue aan om die eerste vyf minute van elke dag aan God te wy, en die Een wat jou lewe in Sy hand hou, beter te leer ken. Die oordenkings dek ’n verskeidenheid onderwerpe en help jou om alledaagse frustrasies, vrees en onsekerheid te hanteer.

         Leer hoe God oor jou voel en dat hy altyd by jou is en nie net die eerste 5 minute van jou dag nie. Leer ken hoe om teleurstellings te hanteer, krisisse te oorkom en te weet dat jy goed genoeg is!

         Die Bybeldagboek gaan jou nie net nader aan God bring nie, dit gaan jou ook nader aan jouself bring en om dit raak te sien wat belangrik is.

    Oor die Outeur

    LIESEL KRAUSE-WIID is bekende tentmaker-predikant, sakevrou, skrywer, radio- en TV-aanbieder. Sy is ook Bemarkingsdirekteur by hulle familiesaak, die Willa Krause Groep en het ’n reuse voorreg om al haar passies en talente te gebruik wat sy gekry het. Sy het ook al verskeie boeke by Carpe Diem Media uitgegee en was ook medewerker van ’n paar titels, soos Wat sê jy? en Wanneer die kerk verdwaal.