Een Woord Wat Jou Lewe Kan Verander (Sagteband)

    Een Woord Wat Jou Lewe Kan Verander (Sagteband)

    Mark Batterson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R29.95

    Sê JA vir Jesus en lééf dit dan.

    Toe Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy die onmoontlike moontlik gemaak. Hy het die dood oorwin en sy angel vir ewig verwyder. Maar wat beteken die grootste wonderwerk wat Jesus ooit gedoen het vandag vir jou?

    Teen die agtergrond van Lasarus se opwekking, asook Jesus se eie opstanding uit die dood, wys Mark Batterson jou in Een woord wat jou lewe kan verander daarop dat jy Jesus se wonderwerke as uiterlike tekens van Sy innerlike mag en heerlikheid moet ervaar. Hy moedig jou ook aan om die wonderwerk en opwinding van die opstanding raak te sien, en dit daagliks te vier.

    Een woord wat jou lewe kan verander is ’n sakpas-boekie wat jou vra om JA te antwoord wanneer Jesus jou roep om uit jou “graf” op te staan en waarlik vir Hom te lééf, want dit is wat Hy vir jou gedoen het. Dit sal jou lewe verander.

    Oor die Outeur

    Mark Batterson is die New York Times-topverkoper-outeur van The Grave Robber. Mark het aan die Regent University studeer en is vandag leierleraar van die National Community Church in Washington, D.C. Hy en sy vrou, Lora, het drie kinders.