Een-Minuut Bybel Vir 'n Nuwe Begin (Sagteband)

    Een-Minuut Bybel Vir 'n Nuwe Begin (Sagteband)

    L Kimbrough
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R129.95

    R29.99

    Word toegerus vir daardie eerste tree op jou nuwe lewenspad.

    Die Een-minuut Bybel vir ʼn nuwe begin neem nuwe gelowiges deur die vroeë stappe van geestelike ontwikkeling. Dit sal ʼn stewige fondament lê vir verdere geestelike groei.

    Maar dit is nie net nuwe gelowiges wat by die Een-minuut Bybel vir ʼn nuwe begin sal baat vind nie. Of jy nou ʼn splinternuwe Christen is of ʼn jare lange gelowige is wat net weer van vooraf wil begin met nuwe toewyding en erns, sal die Een-minuut Bybel vir ʼn nuwe begin jou die heel beste toerus om daardie eerste tree op jou nuwe lewenspad te neem.

                        Leer wat bekering en redding werklik kos … en werklik beteken

                        Vorm ʼn prentjie van die mens wat jy kan word met God se hulp

                        Kyk in breë trekke na die dinge waarin Christene glo

                        Vestig die daaglike dissipline van ʼn Christen-leefstyl

                        Leer om die gevare te herken waarvoor daar uitgekyk moet word

                        Dink elke dag nuut

                        Berei jouself voor op die ewige lewe

    Oor die Outeur

    Lawrence Kimbrough werk as redakteur en skrywer by B&H Publishing en het al verskeie boeke  geskryf en saamgestel, waaronder The Truth Quest Prayer Journal en die topverkoper, One Minute Bible for Starters. Hy is ook die medeskrywer van verskeie topverkoperboeke, waaronder die New York Times se nommer een, The Love Dare