Duis:Lig Dans (CD)

    Duis:Lig Dans (CD)

    DuisLig
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    En hier is hulle nou met hulle derde album: DANS.
     Hennie en Stella (KrissTel) sê die hart agter die liedjies is dat mense hulle ware identiteit in Christus sal ontdek en vanuit daardie posisie sal begin leef. “Ons glo dat God met elke mens ‘n plan het en ons wil mense uitnooi om deel te word van ‘n storie wat God oor ons skryf- waar Hy ons elkeen op ons naam roep, ons toemaak in Sy liefde, Sy Gees oor ons uitstort en Sy lewe vir ons kom gee het. Hy noem ons Sy kinders.”
    Hoekom “Dans”? Daar moet iets in jou gees gebeur voordat dit in jou lyf kan manifesteer. Blydskap is nie iets wat net in jou gees kan bly nie - dit moet uitvloei! Dans en feesvier gaan nog altyd hand aan hand! God wil hê ons moet ons in hom verbly! (Fil 4:4 “Vebly jou in die Heer”) So sê woorde uit die tema lied terreg: “My vryheid skree, My vreugde raas, My vrede sing, My lewe “DANS” in U liefde” . Dis vars, maklike liedjies om te luister en saam te sing!