Duet Dagstukkies Vir Huweliksmaats (Sagteband)

    Duet Dagstukkies Vir Huweliksmaats (Sagteband)

    Johan Ferreira & Christine Ferreira
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R195.00

    “Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” 

    Duet is ’n dagstukkieboek vir egpare om saam in julle stiltetyd te lees. Johan en Christine Ferreira neem julle op ’n reis reg deur die jaar, ’n reis nader aan God, maar ook nader aan mekaar. Hulle help julle om nie net lewensmaats nie maar ook geloofmaats te word. Johan is ’n voorligtingsielkundige in privaatpraktyk en Christine is die redakteur van Lééf.

    Oor die skrywer

    Christine Ferreira is sedert 2005 die redakteur van Lééf met hart & siel, ’n tydskrif vir vroue, met ’n unieke fokus op geloof. Dit is as redakteur wat Christine daagliks haar passie uitleef vir dit wat vroue na aan die hart lê.

    Lesers het haar die afgelope agt jaar leer ken deur veral haar maandelikse redakteursbrief. Christine tree dikwels op as spreker en sy is deel van die groep wat lesers op toere na Israel begelei. Voor haar aanstelling as redakteur van Lééf was Christine lank verbonde aan die tydskrif SARIE se redaksie, waar sy vir bykans 10 jaar dié tydskrif se skoonheidsredakteur was.

    Christine is getroud met Johan, ’n kliniese sielkundige van Johannesburg en is ma van twee seuns, Christoff (17) en Francois (20). Hierdie is haar eerste boek.