Droomstories Vir Slaaptyd (Sagteband)

    Droomstories Vir Slaaptyd (Sagteband)

    Diane Stortz
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    Droomstories vir slaaptyd

    Jong kinders floreer op roetine en rituele, en ’n Bybelstorie teen slaaptyd is een van die beste roetines wat jy kan instel. Droomstories vir slaaptyd is ’n kombinasie van Bybelstories en gebede, en die perfekte slaaptydstorieboek vir jong kinders. Die meer as 50 stories – uit die Ou-en-Nuwe Testamente – skep ’n oorsig van die hele storielyn van die Bybel. Stories is gekies en word oorvertel met die fokus op God se liefde, sorg, beskerming, betroubaarheid en mag.

         Elke storie bevat ’n opsommende titel, ’n seëngedagte (’n kort opsommende gedagte), droomwoorde (’n kort Bybelvers), en ’n slaaptydgebedjie (’n gebedjie wat die storie se tema het). Die boek bevat ook ’n kort brief aan ouers wat beproefde idees insluit oor hoe om ’n goeie slaaptydroetine te vestig vir jong kinders, asook wenke oor hoe om hardop aan kinders voor te lees.

    Oor die Outeur

    Diane Stortz het ’n BA-graad in joernalistiek aan die Arizona State Universiteit verwerf en woon sedertien in Cincinnati in die VSA. Sy was vir tien jaar die redaksionele direkteur van die Standard Publishing-groep. Diane skryf nou boeke vir kinders en volwassenes vanaf haar huis. Haar doel: Om God se wonders aan die volgende generasie bekend te stel. Diane is getroud en het twee getroude dogters en vier kleinseuns. Wanneer sy nie besig is om te skryf nie, geniet sy dit om te gaan stap, tuin te maak en haar volgende besoek aan haar kleinseuns te beplan.