Dit Is Volbring! (Sagteband)

    Dit Is Volbring! (Sagteband)

    Alan Platt
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.96

    Die boodskap van die oorwinning wat Christus vir die mensdom bewerkstellig het ontsluit.

    Dit is volbring! Ontsluit die boodskap van die oorwinning wat Christus vir die mensdom bewerkstellig het in een onbeskryflike oomblik van triomf aan die kruis. Jesus Christus het ’n prys – wat meer as genoeg was – betaal om die mensdom te herposisioneer na ’n lewe volgens die oorspronklike plan wat God vir die mens ontwerp het. Hy het jou onskuld losgekoop en die volle glorie wat jy in Adam verloor het, weer herstel. Die evangelie kommunikeer Jesus Christus se begeerte om die mens as ’n trofee van Sy genade te vertoon.

    Maar tog lewe baie goeie Christenmense op so ’n manier wat die oortuiging dat jy vir jou eie verlossing verantwoordelik is, versterk. Die mens – in sy gevalle toestand – gaan dit nooit op sy eie regkry nie. Prestasiegebaseerde, onopregte, ongenadige Christenskap is uitmergelend.

    Jou opdrag was nog nooit wat jy vir God kan doen nie, maar wat God vir jou gedoen het. Dit is waarlik volbring. Indien jy, as volger van Christus, moeg daarvan is om goed te doen, om te bekommer oor die ewigheid en oor hoe om Christus se liefde te verdien, is hierdie boek baie bevrydend.

    Oor die Outeur

    Alan Platt is ’n katalisator vir verandering in individue se lewens, in plaaslike kerke en in korporatiewe strukture van die samelewing. Hy is reeds sedert 1983 in die voltydse bediening, waar hy die kerk op verskeie vlakke dien. Onder sy leierskap is Doxa Deo gevestig as ’n sterk en doeltreffende model om stadsmense te bereik. In Tshwane (Pretoria, Suid-Afrika) bedien Doxa Deo ongeveer 30 000 mense op tien verskillende kampusse (plaaslike kerke wat as een funksioneer in die stad). Hierdie bediening het ook kerke gestig in vyf ander stede in Suid-Afrika, asook internasionaal (Londen in die Verenigde Koninkryk; Auckland, Nieu-Seeland; en Stuttgart, Duitsland).