Dit Is Tyd/It's Time DVD (Combo)

    Dit Is Tyd/It's Time DVD (Combo)

    Angus Buchan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.95

    Op 22 April 2017 het ongeveer 1 miljoen mense op ’n plaas net buitekant Bloemfontein bymekaargekom om vir Suid-Afrika te bid. Wat begin het as ’n versoek aan die evangelis Angus Buchan het gegroei tot een van die grootste gebedsbyeenkomste in die geskiedenis van Suid-Afrika.

    Dit is tyd vertel hoe mans en vroue van alle ouderdomme en rasse byeengekom het om saam met Angus Buchan vir ons land se herstel te bid. Dit is ’n getuienis van God se genade en hoe hierdie historiese It’s Time-gebedsbyeenkoms in die lewe geroep is … in net ses weke. Hierdie boek bied: 

    ·       Angus Buchan se persoonlike getuienis van die versoek wat alles begin het, God se bevestiging aan hom dat daar ’n byeenkoms moet wees en hoe alles in plek geval het daarvoor.

    ·       Getuienisse deur komiteelede van die wonderwerke wat gebeur het in aanloop tot die byeen­koms, asook op die dag van die byeenkoms.

    ·       Meer as 80 aangrypende getuienisse van mense wat die byeenkoms bygewoon het en hoe dit hulle lewe verander het.

    ·       ’n Afdeling wat handel oor die pad vorentoe

    ·       24 bladsye met volkleur-foto's

    ·       Gebed volgens die ACTS-metode

    ·       Die sondaarsgebed en Ons Vader-gebed.

    Die kragtige getuienisse in Dit is tyd is ’n bewys dat God steeds betrokke is by Suid-Afrika en die mense in die land; dat God mense van alle vlakke van die samelewing liefhet; en wat ons kan vermag as ons as ’n nasie onder sy Naam verenig.     

    Its Time (DVD)

    In the midst of a political environment of corruption, absence of leadership and a country afflicted by violence, crime and racial hatred, sounds the urgent call to the nation to unite in prayer. Seven weeks later, under the leadership of evangelist Angus Buchan South Africa makes history when more than a million South Africans across physical, racial-, social and church borders gather outside Bloemfontein for an event of which the impact will echo into eternity. IT’S TIME.