Dit Is Tyd (Hardeband)

    Dit Is Tyd (Hardeband)

    Angus Buchan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    ’n Aangrypende vertelling van die dag waarop ’n nasie in gebed verenig het en kragtige getuienisse van veranderde lewense.

     

    Op 22 April 2017 het ongeveer 1 miljoen mense op ’n plaas net buitekant Bloemfontein bymekaargekom om vir Suid-Afrika te bid. Wat begin het as ’n versoek aan die evangelis Angus Buchan het gegroei tot een van die grootste gebedsbyeenkomste in die geskiedenis van Suid-Afrika.

    Dit is tyd vertel hoe mans en vroue van alle ouderdomme en rasse byeengekom het om saam met Angus Buchan vir ons land se herstel te bid. Dit is ’n getuienis van God se genade en hoe hierdie historiese It’s Time-gebedsbyeenkoms in die lewe geroep is … in net ses weke. Hierdie boek bied: 

    ·       Angus Buchan se persoonlike getuienis van die versoek wat alles begin het, God se bevestiging van die byeenkoms en hoe alles in plek geval het daarvoor.

    ·       Getuienisse deur komiteelede van die wonderwerke wat gebeur het in aanloop tot die byeen­koms, asook op die dag van die byeenkoms.

    ·       Meer as 80 aangrypende getuienisse van mense wat die byeenkoms bygewoon het en hoe dit hulle lewe verander het.

    ·       ’n Afdeling wat handel oor die pad vorentoe

    ·       24 bladsye met volkleur-foto's

    ·       Gebed volgens die ACTS-metode

    ·       Die sondaarsgebed en Ons Vader-gebed.

    Die kragtige getuienisse in Dit is tyd is ’n bewys dat God steeds gemoeid is met Suid-Afrika en die mense in die land; dat God mense van alle vlakke van die samelewing liefhet; en wat ons kan vermag as ons as ’n nasie onder sy Naam verenig.  

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel It's Time

     

    Oor die outeur

    Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middel¬land