Dit Is Ek, Saulus (Sagteband)

    Dit Is Ek, Saulus (Sagteband)

    Jerry B Jenkins
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    Topverkoper-outeur Jerry B. Jenkins verplaas die lesers vanuit die hedendaagse Texas tot in ’n klam Romeinse tronksel in 67 n.C.

     

    Augustine Knox, ’n jong kweekskool-professor, word betrek by ’n gevaarlike reis om te keer dat perkamentrolle van onskatbare waarde ge­steel word. In die proses ontdek hy ’n 2 000 jaar oue verbin­tenis met iemand anders wat deur die dood in die gesig gestaar is ter wille van die waarheid. Dit is ek, Saulus bestaan uit twee boeiende avonture in een: die storie van Augustine en dié van Saulus van Tarsus.

     

    Dit is ek, Saulus is gevul met politieke intrige, romanse en historiese besonderhede. Dit is ’n mee­slepende verhaal van lojale vriendskap wat getoets word deur lewe-en-dood-soektogte wat twee millen­nia uit mekaar af­speel.