Dink Leer Floreer (Sagteband)

    Dink Leer Floreer (Sagteband)

    Caroline Leaf
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    Ontdek hoe beheer oor jou denke jou kan help om sukses te behaal in alle areas van jou lewe.

     Hoe en wat ons dink, het ’n geweldige invloed op ons verstandelike, emosionele en selfs fisieke welsyn. Om die waarheid te sê, ons denke kan ons beperk tot dit wat ons glo ons kan doen, of dit kan ons dinge laat ervaar waarvan ons nooit kon droom nie. Wanneer ons ’n denkwyse kies wat ons vermoëns verruim, sal ons groter intellektuele satisfaksie, emosionele beheer en fisieke gesondheid ervaar. Die vraag is net: Hoe?

    Dr. Caroline Leaf gebruik wetenskaplike navorsing en Bybelse insig om lesers te inspireer om beheer te neem van hulle gedagtes sodat hulle sodoende beheer kan neem van hulle lewens. Hierdie praktiese boek bevat die volgende:

    ·         ’n 5-stap-leerprogram om geheue te verbeter en effektief te leer
    ·         ’n profiel om die unieke manier te ontdek waarop elke leser inligting verwerk
    ·         ’n gids om hulle gedagtewêreld optimaal te leer benut

    Dr. Leaf wys lesers hoe om hierdie kragtige hulpmiddels te kombineer om beter te vaar op die gebied van geheue, leer, intellektuele prestasie, werkprestasie, fisieke prestasie, verhoudings, emosionele gesondheid en – die belangrikste van alles – ’n lewe vol sin en betekenis te ervaar.

    Oor die outeur

    Dr. Caroline Leaf het haar opleiding ontvang in Kommunikasiepatologie by die Universiteit van Kaapstad. Sy het ook haar Meestersgraad en PhD in Kommunikasiepatologie verwerf by die Universiteit van Pretoria. Dr. Leaf doen navorsing oor die menslike brein en fokus veral daarop om die brein se potensiaal te ontsluit. Sy woon tans in die VSA saam met haar man, Mac. Hulle het vier kinders.