Dink Jouself Gelukkig (Sagteband)

    Dink Jouself Gelukkig (Sagteband)

    Pieter Van Jaarsveld
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.00

    Romeine 12: 2 “...maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe...”
     
    Wêreldbekende spreker Pieter van Jaarsveld wys hoe jy jou lewe kan omkeer. Dié inspirerende boek:

    - Ontbloot ondermynende mites oor geluk
    - Verduidelik dat vreugde vir alle mense beskore is
    - Wys hoe jy jou brein kan herbedraad
    - Inspireer jou tot ’n positiwe ingesteldheid
    - Bevat die nuutste navorsing en tegnieke.

    Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik.

    Oor die skrywer

    Dr. Pieter van Jaarsveld werk plaaslik en internasionaal as konsultant vir leierskapontwikkeling in die sakewêreld. Hy het twee meestersgrade (in Sielkunde en Teologie) en ’n doktorsgraad vir sy tesis oor die selfdunk en eiewaarde van mense. Hy is ’n bekende gas op radio- en televisieprogramme. Hy en sy vrou woon in die Strand.