Dink Beter, Leef Beter (Sagteband)

    Dink Beter, Leef Beter (Sagteband)

    Joel Osteen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    'n Lewe van oorwinning begin in jou gedagtes.

    In sy heel nuutste boek, Dink beter, leef beter, verduidelik die topverkoperskrywer Joel Osteen hoe jou lewe meer geseënd en vervuld sal word as jy jou gedagtes kan verander om alle negatiwiteit uit jou gedagtegang te verwyder.

         Jou gedagtes speel ’n belangrike bepalende rol in jou sukses of mislukking. Dink beter, leef beter bied ’n eenvoudige, dog lewensveranderende strategie oor hoe om neerdrukkende gedagtes uit te wis en jou gedagtes te herprogrammeer om positief te dink en sodoende in oorwinning uit te styg.

         As ’n kind van die Hoogste God is jy toegerus om enigiets wat na jou kant toe kom, te kan hanteer. Om die doel te bereik wat God vir jou het, moet jy jouself begin sien soos Hy jou sien en die gedagtes vernietig wat jou selfvertroue afbreek. Wanneer jy leer om negatiwiteit te vermy en jouself in te stel op jou roeping, sal die wonderlike planne wat God vir jou het, begin gestalte kry in jou lewe.

    Oor die Outeur

    Joel Osteen is die senior pastor van Lakewood Gemeente in Houston, Texas. Hierdie gemeente is alombekend as een van die gewildstes in Amerika en het ongeveer 45 000 volwasse lidmate. Miljoene ander volg sy boodskappe op wêreldwye televisie-uitsendings. Sy topverkoperboeke sluit in Elke dag ’n Vrydag en Ek verklaar. Hy woon in Houston saam met sy vrou, Victoria, en hul drie kinders.