Die Wens (Sagteband)

    Die Wens (Sagteband)

    Beverly Lewis
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R189.95

    ’n Aangrypende verhaal oor ware vriendskap en hoop wat nooit beskaam nie.

     Leona Speicher het die “suster” die waarvan sy nog altyd gedroom het, gekry die dag toe Gloria Gingerich en haar gesin in Lancaster County ingetrek het. Die nuwelinge uit Arkansas lyk soos alles wat ’n toegewyde Amish-gesin gehoort te wees.

    Leona se neef begin by Gloria kuier en Gloria se boer toon belangstelling in Leona – en dit lyk of die twee meisies eersdaags aangetroude familie kan word. Maar alles verander toe Gloria se pa uit die Ou Orde Amish-kerk geban word weens redes waaroor niemand wil praat nie. Tot Leona se ontsteltenis verdwyn die Gingerich-gesin oornag.

    Dan, na jare se stilte, kontak Gloria Leona onverwags. Leona neem haar sonder meer voor om na Gloria toe te gaan. Maar Leona se verloofde – die diaken se seun – is bekommerd oor dié halsoorkop besluit. Sal Leona se grootste wens tot haar eie ondergang lei?

    Die wens is ’n aangrypende verhale oor ware vriendskap, hoop en deursettingsvermoë.

     Oor Die Outeur

    Beverly Lewis is in die hartjie van Pennsilvanië en die Amish-omgewing gebore. Sy was voorheen ’n onderwyser en het meer as 17 miljoen boeke in druk. Haar boeke is al in 12 tale vertaal en verskyn gereeld op topverkoper-lyste, waaronder New York Times en USA Today.