Die Vryheidsfaktor (Sagteband)

    Die Vryheidsfaktor (Sagteband)

    Bruce Wilkinson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    God het jou hart vir liefde, vreugde, vrede en volkomenheid gemaak. Tog meen pastors dat meer as 90% van hul gemeentelede met onvergewensgesindheid sukkel – iets wat jou kan laat vergeet waarvoor jy eintlik gemaak is.

         Wat gebeur as die deurdringendste sonde van ons tyd onsigbaar en verborge in jou hart lê? Hoe gemaak as dit elke aspek van jou lewe en verhoudings so onsigbaar en slinks beïnvloed dat die meeste mense dit heeltemal miskyk? Bruce Wilkinson glo onvergewensgesindheid is hierdie sonde.

         Deur die leringe van Jesus, lê hy in Die Vryheidsfaktor die verband tussen ons lyding en ons onvergewensgesindheid uit. Dit leer jou ook hoe om waarlik en vir áltyd te vergewe. Jou storie hoef nie met pynlike wonde te eindig nie. Wat ook al met jou gebeur het, het gebeur. Maar die God van jou hart dui vir jou ’n pad aan – verby die wonde, terug na die lewe en die liefde waarvoor jy geskep is – ’n pad na vryheid.

     

    Oor die Outeurs

     

         Dr. Bruce Wilkinson is ’n internasionale bedieningsleier en die New York Times topverkoperskrywer van meer as 60 boeke, insluitende Jabes se gebed. Bruce se boeke is al in dertig tale vertaal en sluit in Die Geheimenis van die wingerdstok. Sy bediening wissel van volgepakte stadions tot berading oor ’n koppie koffie. Hy is ook die stigter van Walk Thru the Bible Ministries. Hy is gelukkig getroud met Darlene. Hulle het drie kinders – Dawid, Jennifer en Jessica – en elf kleinkinders en woon in Suid-Carolina.

         Dr. Mark E. Strong (mede-skrywer) is ’n pastor en skrywer. Hy en sy vrou, Marla, dien reeds sedert 1988 as die senior pastors van Life Change-kerk in Portland, Oregon. Hy is ’n begaafde kommunikeerder en het ’n BA-graad in Spraakkommunikasie, ’n MA in Bybelkunde en ’n doktorsgraad in Bedieningsleierskap. Hy is die skrywer van Church for the Fatherless en The Divine Merger. Mark en Marla is al vir 28 jaar getroud en het vier kinders.