Die Voortvlugtige (Sagteband)

    Die Voortvlugtige (Sagteband)

    Terri Blackstock
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R229.95

    R195.01

    Casey Cox weet wat die waarheid is, maar weet ook dit sal haar nie vrymaak nie.

     

    Casey Cox se DNS is oral op die misdaadtoneel. Dit help nie sy praat met die polisie nie; hulle het haar al vantevore in die steek gelaat. Sy moet vlug voordat sy gearresteer word ... of nog erger. Die waarheid maak nie meer saak nie.

    Maar wat ís die waarheid? Dié vraag spook by Dylan Roberts, die oorlogsmoeë veteraan-soldaat wat gehuur word om Casey te soek. Post-traumatiese stresversteursing maak hom ongeskik vir polisiewerk, maar as hy Casey terugbring, kan dit in sy guns tel. Alhoewel die misdaadtoneel oënskynlik die hele verhaal vertel, maak al die besonderhede nie mooi sin nie. Casey Cox lyk nie soos jou tipiese moordenaar nie. Maar as sy nie skuldig is nie, waarom het sy gevlug?

    Om haar verlede en die verdoemende bewyse teen haar te ontrafel verg meer tyd as wat Dylan het. Maar namate hy haar leer ken, word hy gekonfronteer met twee keuses: Die meisie wat elke oomblik sy gedagtes vul, is ’n psigopatiese moordenaar ... of ’n selfopofferende heldin. En die waarheid kan dalk die dodelikste wapen nog wees.

     

    Oor die outeur

    Terri Blackstock is ’n New York Times-topverkoper-outeur van wie daar wêreld­wyd al meer as ses miljoen eksemplare van haar boeke verkoop is. Sy is al vir meer as 25 jaar ’n suksesvolle outeur. Terri kom uit ’n lugmag-familie en het die eerste 12 jaar van haar lewe baie gereis. Sy het in nege Amerikaanse state gebly en het die eerste vier jaar van haar skoolloopbaan in Neder­land deurgebring. Omdat sy gedurig die “nuwe kind” was, het haar verbeelding haar beste vriend geword. Sy glo dit is die hoofrede waarom sy ’n skrywer geword het. Sy het haar eerste boek op die ouderdom van 25 verkoop en geniet sedertdien ’n baie suksesvolle loopbaan.