Die Verdwyning (Sagteband)

    Die Verdwyning (Sagteband)

    Irene Hannon
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    Wat sal een mens doen om te keer dat ’n skokkende geheim ontbloot word?

    ’n Vasberade joernalis. ’n Skeptiese privaatspeurder. En ’n geheim wat lewens kan verwoes. Dít is die agtergrond waarteen Die verdwyning deur Irene Hannon afspeel.

    Moira Harrison, ’n joernalis, verdwaal in die donker tydens ’n donderstorm. Skielik verskyn ’n vreesbevange meisie voor haar en sy voel die soliede slag teen die kant van haar kar voor sy in ’n boom vasry.

    ’n Man maak haar deur oop, sê hy het alles gesien en belowe om die nooddienste te bel. Dan verloor Moira haar bewussyn. Wanneer sy wakker word, is sy alleen. Daar is geen man, geen nooddienste en geen beseerde meisie nie.

    Die enigste persoon wat haar storie glo en bereid is om te help, is ’n privaat­speurder. Maar soos die leidrade ont­rafel word, word dit dui­delik daar is iemand wat enig­iets sal doen om ’n skok­kende geheim te bewaar.

    Oor die outeur

    Irene Hannon is ’n topverkoper-outeur van meer as 35 boeke. Haar boeke het haar die volgende toekennings besorg: die RITA Award van Romance Writers of America, die HOLT Medallion, die Reviewer’s Choice Award van Romantic Times BOOKreviews en die Daphne du Maurier Award vir misterie en spanningsverhale. Irene en haar man woon in Missouri, VSA. Besoek www.irenehannon.com.