Die Tuiskoms (3 Vernuwing-Reeks)(Sagteband)

    Die Tuiskoms (3 Vernuwing-Reeks)(Sagteband)

    Karen Kingsbury & Gary Smalley
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R109.95

    Luke Baxter het weggedraai van alles af, maar sy familie weier om moed op te gee.

    Luke, die Baxters se trots en enigste seun, het sy rug gekeer op alles wat voorheen vir hom saak gemaak het: sy geloof, sy familie en sy geliefde Reagan.

    Reagan is op die punt om geboorte te gee aan haar kind, maar Luke is nog onbewus van sy vaderskap. Hierdie verlore seun besef nie dat die geheim wat uit sy verlede na vore gaan kom sy lewe, soos hy dit ken, vir altyd gaan verander nie. Maar Luke is nie die enigste een in die Baxter-familie wat ’n le­wensveranderende geheim saamdra nie ...

    In Die tuiskoms moet Luke weer ’n manier kry om terug te keer na die familie wat hom so liefhet en na hom verlang, maar hoe? En wat sal ’n jong brandweerman bereid wees om te doen om die Baxter-familie weer bymekaar te bring en ook sy eie plek in hul midde te vind?

    Die tuiskoms is die derde boek in die gewilde Vernuwing-reeks.

    Oor  die outeurs

    Karen Kingsbury, New York Times-topverkoper-outeur, is een van Amerika se gunsteling inspirerende fiksie-skry­wers. Daar is meer as 25 miljoen ek­semplare van haar bekroonde boeke in druk. Haar laaste 12 boeke het almal die nommereen-posisie op top­verkoper­­-lyste bereik en baie van haar boeke word verwerk in flieks vir die klein- en groot­skerm. Karen is ’n assistent-professor in skryfkuns aan die Liberty University. Sy woon in Tennessee saam met haar man, Don. Hulle het een dogter en vyf seuns, waarvan drie uit Haïti aangeneem is.

    Gary Smalley (1940-2016) was ’n ge­sins­berader en stigter en president van die Smalley Relationship Center. Hy was een van Amerika se bekende sprekers en skrywers oor familiever­houdings.