Die Trouboek (Sagteband)

    Die Trouboek (Sagteband)

    Gretha Wiid
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R125.00

    R100.00

    Alles wat julle nodig het om die perfekte troudag én huwelik te verseker. Skep moed, julle is nie alleen nie!

    Julle is verloof! En droom saam oor die dag wanneer julle uiteindelik man en vrou gaan word. Alles is perfek ... totdat julle besef wat alles gedoen moet word en hoeveel dit gaan kos!

    Skielik stry julle oor wie genooi moet word en is jy ongelukkig omdat jy nie meer jou droomrok kan kry nie, want liefie sê dit is te duur! Kort voor lank stry julle oor elke aspek van die troue; julle verhouding ly daaronder en jy wonder of dit hoegenaamd die regte besluit was om verloof te raak.

    Gretha Wiid is ’n kenner as dit by verhoudings kom, en berei julle voor vir die getroude lewe, hoe om te kommunikeer, verskille te hanteer, mekaar spasie te gee en om jou identiteit te behou.

    Yolandé Edelinksi weet van troukoors en hoe om die perfekte troue in 52 weke te beplan en seker te maak jy het alles betyds in plek van die perfekte trourok, fotograaf en selfs die kleinste geskenkies.

    Die week-vir-week-beplanning sluit in:

                        Hoe om die begroting op te stel

                        Kies die beste fotograaf

                        Kleurskemas en temas

                        Gastelyste en tafelplasings

                        Heildronke om in te stel

                        Uitnodigings en skryfbehoeftes