Die Stryd In Jou Gedagtes (Sagteband)

    Die Stryd In Jou Gedagtes (Sagteband)

    Joyce Meyer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    Jy kan ʼn lewe van oorwinning lei.

    Joyce Meyer se kennis, insig en ervaring help jou verstaan waarom die lewe soms soos ’n opdraande stryd voel. Dit leer jou waar gevoelens soos kommer, twyfel, depressie, woede en veroordeling vandaan kom, en bied aan jou die sleutel om die oorwinning te behaal waar dit saak maak – in jou gedagtewêreld. Meyer praat openhartig oor haar eie mislukkings en die pad wat sy moes stap om te kom waar sy nou is.

    Die stryd in jou gedagtes is maklik om te lees en bevat fundamentele waarhede om toegang te verkry tot die nuwe lewe wat aan jou gebied word deur jou verhouding met Christus. Hierdie boek sal jou lewe verander – dit bevat ’n kragtige, Bybels-gefundeerde boodskap wat jou sal wys hoe om ’n lewe van oorwinning te lei.

    Oor die Outeur

    Joyce Meyer is een van die wêreld se voorste praktiese Bybel-leermeesters. Sy is ’n New York Times topverkopende outeur, en haar boeke het al miljoene mense gehelp om hoop en herstel deur Jesus Christus te vind. Deur Joyce Meyer Ministries onderrig sy mense aangaande 'n verskeidenheid onderwerpe met 'n besondere fokus op die verstand, mond, gemoed en houding. Haar openhartige kommunikasiestyl stel haar in staat om oop en prakties te gesels oor haar ervaringe sodat ander in hulle lewens kan toepas wat sy geleer het.