Die Storie Vir Tieners (Sagteband)

    Die Storie Vir Tieners (Sagteband)

    Samestelling
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    Out of Stock

    Ontdek die verhaal van die Bybel soos wat jy dit nog nooit vantevore gelees het nie. God wil mense wat verlore is en seer het red. Dit is waaroor Die Storie vir tieners gaan. Die 31 maklik leesbare hoofstukke sal vir tieners ’n kort oorsig gee oor Bybelkarakters en -gebeure wat chrono­logies ge­rang­skik is van Genesis tot Open­baring. Die storie lees soos ’n roman en is net soos enige goeie storie vol intrige, drama, konflik, romanse en versoening. Dit is die verhaal van die Bybel in die Bybel se eie woorde.

     

    As jy nog altyd daarna gesmag het om die volle verhaal van die Bybel te ontdek, is hierdie boek beslis vir jou. Uittreksels van die stories, gedigte en leringe van die Bybel is nou beskikbaar as ’n unieke leeservaring wat jy nie sal kan neersit nie.