Die Stiltetydbybel Vir Vroue (Sagteband Met Flappe)

    Die Stiltetydbybel Vir Vroue (Sagteband Met Flappe)

    Maretha Maartens
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R299.95

    Die Nuwe Testament in 365 dae met geestelike oordenkings.

     

    Stiltetyd is heilige tyd, daardie gedeelde oomblikke met God. Daarom is dit belangrik dat ons nie net die Woord van ons Meester sal bestudeer nie, maar al hoe meer begryp en verstaan wat dit vandag vir ons wil sê.

    Die Stiltetydbybel vir vroue bevat 365 dagstuk­ke wat bestaan uit ’n gedeelte uit die Nuwe Testa­ment, ge­volg deur ’n geestelike oordenking. Die teksge­deeltes is geneem uit die hersiene uitgawe van die Nuwe Lewende Verta­ling.

    Hierdie dagboek gesels nie oor koeitjies en kal­fies nie, maar laat die lig val op die betrokke teksgedeelte en hoe dit vir die vrou van vandag meer kan beteken as net Bybel-­lees: Dit is ’n ontmoeting met die ware God van Israel, die Heilige.

    Met Die Stiltetydbybel vir vroue is stiltetyd ’n ple­sier. Nie net sal vroue die hele Nuwe Testament in 365 dae deur-lees nie, maar meer leer en verstaan van wat God vandág vir hulle wil kom sê.

     

    Oor die outeur

     

    Maretha Maartens is die gewilde skrywer van dag­boeke, romans, kort­verhale, ver­hoog­stukke en kin­der­boeke en het al verskeie toekennings vir haar werk ontvang. Maretha en haar man, Hennie, woon in Bloem­fontein.