Die Stiltetydbybel Vir Mans NLV (Sagteband Met Flappe)

    Die Stiltetydbybel Vir Mans NLV (Sagteband Met Flappe)

    Stephan Joubert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R299.95

    Die Nuwe Testament in 365 dae met geestelike oordenkings.

    Die hersiene uitgawe van Die Stiltetydbybel vir mans spog nou met Bybelteks uit die Nuwe Lewende Vertaling en ’n splinternuwe baadjie.

    Dié praktiese Bybel is ideaal vir jou as man se stiltetyd. Dit is geskryf sodat jy jou in God se Woord kan verdiep om troos, moed en onderskraging daarin te vind. Dit bevat die hele Nuwe Testament van die Nuwe Lewende Vertaling verdeel in 365 dae met ’n inspirerende oordenking en kerngedagte vir elke dag. Hierin laat Stephan Joubert die lig van God se Woord val op jou daaglikse lewe: jou beroep, huwelik, gesin, man-wees, en vele meer.

    Die Stiltetydbybel vir mans sal jou tot nuwe hoogtes inspireer as jy graag God se leiding in jou daaglikse lewe wil ervaar.

    Oor die Outeur

    Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-Universiteit, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van ’n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar.